Cisgender

Cisgender[1] (soms cisseksueel genoem en as cis afgekort) is ’n term vir mense wie se genderidentiteit ooreenstem met die geslag wat by geboorte aan hulle toegewys is.[2] Iemand wat by geboorte as vroulik geklassifiseer word en as ’n vrou identifiseer, is dus ’n cisgender vrou.

Die term "cisgender" is die teenoorgestelde van "transgender".[3][4] Verwante terme is cisseksisme en cisnormatiwiteit.

  1. "Cisgender" in die Algemene Woordeboek van Eietydse Afrikaans (AWEA). Aanlyn by viva-afrikaans.org. Besoek op 13 November 2020.
  2. "Definition of Cisgender". www.merriam-webster.com (in Engels). Besoek op 22 Oktober 2020.
  3. Schilt, Kristen; Westbrook, Laurel (Augustus 2009). "Doing Gender, Doing Heteronormativity: 'Gender Normals,' Transgender People, and the Social Maintenance of Heterosexuality". Gender & Society. 23 (4): 440–464 [461]. doi:10.1177/0891243209340034. S2CID 145354177.
  4. Blank, Paula. "Will the Word "Cisgender" Ever Go Mainstream?". The Atlantic (in Engels (VSA)). Besoek op 13 Mei 2018.

Developed by StudentB